Dier-baar

MET Theo Paul Vorster

Ek hou baie van die driedimensionele kwaliteit om in die linoblok te kerf en unieke kunswerke te skep met lynwerk, helder kleure en ’n tematiese benadering. My werk vertoon altyd magiese kleur en energie en lok die kyker na ’n wêreld gevul met speelse drama.

Hierdie uitstalling is ’n versameling van mediums wat linoblokke, linodrukke, monotipes, argiefdrukke en beeldhouwerk insluit. Die werk handel oor ’n wêreld gebaseer op dié rympie: “If you go down to the woods today, you’ll be in for a big surprise.” Dit is ’n speelse verwysing na die woud en dinge wat daar gebeur waarvan ons onbewus is. Die werke is ’n metafoor van wat ons elke dag in ons eie omgewing beleef, aangebied in ’n tong-in-die-kies-styl. Dit verwys opsigself na hoe ons die alledaagse verfraai om dit meer draaglik te maak.

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Drawing as Movement is ’n uitbreiding van ’n jaar lange projek waarin ek mense geteken het tydens interaktiewe tekengeleenthede. Dit het my geleer van toestemming ...
Wou jy al ooit self deel wees van ’n uitstalling? Hou jy van kuns, maar weet nie hoe om self te begin nie? Of hou ...
Once again local Oudtshoorn artist Lisl Barry is opening her studio to share her work, hanging under the working title of Something Along the Lines. ...