MET Dana Snyman en Mia Spies
Suid-Afrikaners se grondpadstories: Die joernalis en skrywer Dana Snyman het al Suid-Afrika deurkruis om landsburgers se stories te vertel, en het nes Johannes Kerkorrel tot dié gevolgtrekking gekom: “Ons survive met ’n helse lot pyn in hierdie land.” Hy deel die stories van hartseer, humor en hoop wat hy teëgekom het.