Dieper as drome

MET Marko van der Colff GESPREKSLEIER Elna van der Merwe

Dieper as drome is die bekende akteur Marko van der Colff se debuutroman. Marcus Moore verlaat sy armoedige ouerhuis in Skotland ná ’n gewelddadige voorval. Sy oë is vol blink klippies en hy klim op ’n skip na Suid-Afrika. Sy droombestemming is Kimberley en later die woelige Goudstad. Hy leer legendariese fortuinsoekers, swendelaars en selfgemaakte magnate soos Barney Barnato ken. Hy skuur ook skouers met historiese figure soos Olive Schreiner, Cecil John Rhodes en Paul Kruger. Dit handel oor ’n fassinerende tyd in Suid-Afrika se geskiedenis en dis ook ’n tydlose liefdesverhaal.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
26 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Kiesers het vanjaar meer opsies as ooit tevore ten opsigte van politieke verteenwoordiging in die parlement. Die kiesstelsel van die laaste drie dekades se dae ...
Poem Mooney, digter en oudonderwyser van Oudtshoorn, droom van’n huis van Bokkeveld-skalieklip wat hy vir hom bou. Hier wil hy alleen wees sodat hy in ...
Ons huil van die lag! Een ding is seker: Suid-Afrikaners het is ’n goeie humorsin. Ongeag hoe goed of sleg dit gaan, almal weet ’n ...