Dieper as drome

MET Marko van der Colff GESPREKSLEIER Elna van der Merwe

Dieper as drome is die bekende akteur Marko van der Colff se debuutroman. Marcus Moore verlaat sy armoedige ouerhuis in Skotland ná ’n gewelddadige voorval. Sy oë is vol blink klippies en hy klim op ’n skip na Suid-Afrika. Sy droombestemming is Kimberley en later die woelige Goudstad. Hy leer legendariese fortuinsoekers, swendelaars en selfgemaakte magnate soos Barney Barnato ken. Hy skuur ook skouers met historiese figure soos Olive Schreiner, Cecil John Rhodes en Paul Kruger. Dit handel oor ’n fassinerende tyd in Suid-Afrika se geskiedenis en dis ook ’n tydlose liefdesverhaal.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
26 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Die KKNK vereer vanjaar vir Poem Mooney, die bekende storieverteller van die Klein Karoo, vir sy waardevolle bydrae tot kuns en kultuur. ...
Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant-gesin vol geheime. ...

Leo

Drie jaar moes ons wag, maar hier is Bennie Griessel terug! Uiteindelik wink daar ’n troudag vir hom en sy geliefde Alexa, maar sal hy ...