Waaraan dink poëte?

MET Poem Mooney GESPREKSLEIER ds. André Boezak

Poem Mooney, digter en oudonderwyser van Oudtshoorn, droom van’n huis van Bokkeveld-skalieklip wat hy vir hom bou. Hier wil hy alleen wees sodat hy in stilte kan hoor wat die muse hom in die oor fluister. Buitendien hou hy van alleenwees. In sy verse besin hy oor ons wat genaelstring is aan ons land, oor die Kaap wat snot en trane huil teen sy hotelvenster, oor verval, nostalgie, versugting, die mense rondom hom. . . Hy noem sy verse vroegmôre-geheueflitse en onthoukiekies.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
24 Maart, 14:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Suid-Afrika se demokrasie is 30 jaar oud. Ons besin oor die uitkoms van die destydse onderhandelinge. Was dit die beste vir Suid-Afrika en is dit ...
Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur ...
Wat het veroorsaak dat ’n megatrop van sowat 211 000 saiga-wildsbokke in 2015 binne vyf dae in Kazakstan gevrek het? Wat het al die langer ...