The Old Man Who Thought He Had a Dog

Speelvak ondersteun deur die Johann Brink Trust. Oorspronklik ontwikkel vir die Première Teaterfees.

MET Merwe van Gent en Angelique Filter TEKS, KLANKONTWERP EN VERVAARDIGER Angelique Filter REGIE Angelique Filter, in samewerking met Jeanne-Marié Koekemoer en Merwe van Gent KOSTUUMS Angelique Filter en Jeanne-Marié Koekemoer VERHOOGBESTUURDER Jeanne-Marié Koekemoer

Vertrek op ’n skreeusnaakse, absurde treinreis saam met ’n knorrige ou man op sy soektog na bevryding van sy saai, melancholiese bestaan. Of raadpleeg dalk sy uitgeslape en betroubare metgesel – sy alomteenwoordige hond. Deel in sy ervarings met ’n spul wildvreemde, dog vaagweg bekende karakters, van die enigmatiese Franse treinkondukteur tot die verleidelike prostituut. In hierdie skaduwêreld word herinneringe, drome, begeertes en skimme byeengebring, en is daar weer ’n kans om lewe te blaas in dit wat verlore was. Maak jou reg vir ’n pelgrimstog vol humor, introspeksie en die buitengewone. Wenner van die beste produksie, beste teks, beste regie en beste akteur in ’n hoofrol by die US-dramadepartement se Première Teaterfees in 2023.

Engels • Geen o.13 T • 55 min.
R120 (vooraf) • R110 (Vriende van die KKNK) • R130 (by die deur)
26 Maart, 19:00
27 Maart, 13:30
28 Maart, 10:00
ATKV-Griesselsaal

Het jy al gekyk na:

Bloedbande delf diep in die moederhuishoudings en susterskap in die kultuur van Nama-mense. Dit is ’n roerende, vervlegte verhaal van die onvertelde werklikhede in die ...
Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Hy is sestig jaar gelede oorlede in die jong ...
Politiek – hoe moeilik kan dit wees? ’n Fopdosser in die parlement, is ons gereed? Kan ons oor onsself kom om dit moontlik te maak, ...