Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom

Teksontwikkeling ondersteun deur die Toyota US Woordfees en NATi

MET Wynand Kotze TEKS Wynand Kotze en Nico Scheepers MUSIEK Loki Rothman

Politiek – hoe moeilik kan dit wees? ’n Fopdosser in die parlement, is ons gereed? Kan ons oor onsself kom om dit moontlik te maak, of drink ons te veel pille? Hoe om oor jouself te kom is Tollie Parton se nuwe show, wat sy in samewerking met Nico Scheepers geskep het. ’n Humoristiese blik op die binnewerking van Tollie se brein en waarom sy besluit het om. . . ag, kom kyk. Tollie is nie vir fyngevoeliges nie. Haar skote is sterker as ooit en as jy braaf genoeg is om die uur deur te sit, wag daar ’n verrassing aan die einde. Jy weet? Ons almal soek mos ’n happy ending. En wie weet? Dalk het sy die oplossing? Dalk deel sy haar groot geheim. Snaaks en bietjie té eerlik!

Afrikaans • Geen o.18 • 60 min.
R160 (vooraf) • R135 (Vriende van die KKNK) • R180 (by die deur)
24 Maart, 20:00
25 Maart, 20:00
Banketsaal

Het jy al gekyk na:

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak-komediante van 2023. Van internetsensasie tot verhoogsensasie verras sy gehore en laat hulle lê van die ...
Dean John Smith, Suidooster se geliefde Wade, klim weer in die skoene van die skreeusnaakse Bettie, sy aweregse sosialemedia-persona. ...
Die bekroonde komediante Lindy Johnson en Kate Pinchuck het nie minder Frizz of Pop nie, maar baie meer debietorders om jou van te vertel in ...