Visuele Kuns

’n Besonderse versameling kunsuitstallings, saamgestel deur die KKNK se kurator vir visuele kuns, is in die tuiste van visuele kuns, die Prince Vintcent-gebou, te sien. Hierdie aanbod bied vele vir elke kunsoog om beter te kan sien – besigtig, bespreek, herhaal.

Die aanbod sluit onder meer ’n uitstalling deur Colbert Mashile, die feeskunstenaar van 2024 en ’n Absa-uitstalling in. Nadat jy al die kunswerke hier gesien het, maak ’n draai by die Kunskwartier-roete, waar plaaslike kunstenaars en galerye hul werk uitstal.

Besoek dié uitstallings van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Afrikaans en Engels • Gesin
Gratis
23 Maart, 09:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

’n Spontane oomblik vasgevang in tyd Nou, en tot in ewigheid Die weer onthou wat dit sal bring ’n lewensgroot herinnering ...
Die Karoo Kaarte-uitstalling bied ’n oorsig van dié grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek. ...
Malebogo Molokoane se werk is ’n artistieke verkenning van die verwikkeldheid van emosionele gebare en gesigsuitdrukkings. Sy skep onvergeetlike, prettige bordspeletjies en inheemse speletjies met ...