Visuele Kuns

’n Besonderse versameling kunsuitstallings, saamgestel deur die KKNK se kurator vir visuele kuns, is in die tuiste van visuele kuns, die Prince Vintcent-gebou, te sien. Hierdie aanbod bied vele vir elke kunsoog om beter te kan sien – besigtig, bespreek, herhaal.

Die aanbod sluit onder meer ’n uitstalling deur Colbert Mashile, die feeskunstenaar van 2024 en ’n Absa-uitstalling in. Nadat jy al die kunswerke hier gesien het, maak ’n draai by die Kunskwartier-roete, waar plaaslike kunstenaars en galerye hul werk uitstal.

Besoek dié uitstallings van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Afrikaans en Engels • Gesin
Gratis
23 Maart, 09:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Ons almal wil hê iemand moet vir ons wag wanneer ons ná ’n uitputtende en stresvolle dag by die huis kom. Iemand wat opgewonde is ...
Die Karoo Kaarte-span span kragte saam met die plaaslike visuele kunstenaar Liza Grobler om ’n openbare muurskildery te skep. ...
Malebogo Molokoane se werk is ’n artistieke verkenning van die verwikkeldheid van emosionele gebare en gesigsuitdrukkings. Sy skep onvergeetlike, prettige bordspeletjies en inheemse speletjies met ...