Tekenervaring met Odette Graskie

MET Odette Graskie

Hierdie tekenervaring is ’n interaktiewe geleentheid met Odette Graskie. Odette nooi die gehoor om deel te neem wanneer sy portrette teken. ’n Opvoerende tekengeleentheid as ’n visuele kunsvorm ondersoek idees van bemiddeling, vertroue, die konvensies van portretkuns en die verhouding deur onderlinge oogkontak tussen vreemdelinge. Met ’n groter fokus op die vaslegging van die oomblik van die verbintenis tussen die kunstenaar en die model, word die natekening van die gelykenis ondergeskik gestel aan die emosionele en speelse lae betrokke by die interaksie. Die tekening word ’n vergestalting van die vlietende oomblik tussen die model en die kunstenaar.

Die portrette word deel van die kunstenaar se versameling sketse, wat verwerk en met die hand saamgestel word vir latere gebruik in saamgestelde beeldhouwerke. In ruil vir hul deelname, gee die kunstenaar aan diegene wat uitgebeeld word ’n fotografiese afdruk (van ’n beperkte oplaag) van een van haar kunswerke.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Gratis
23 Maart, 11:00
25 Maart, 11:00
Prince Vintcent-gebou (eerste verdieping)

Het jy al gekyk na:

Ek nooi jou om te voel hoe LIG voel, te kyk hoe LIG lyk en te onthou jy het LIG nodig. ...
Wilde diere hoef nie definieer te word deur die kakie- en vuilgroen uitrustings van wildbewaarders en kleure van grondpad-Land Rovers nie. Met hierdie uitstalling word ...
“Waarom op ’n ster wens as jy die Stermaker ken?” ...