Vrygeborenes (‘born frees’): Kies jou toekoms

Moontlik gemaak deur Die Burger

MET Mercy Kannemeyer (skrywer, teatermaker, regisseur en meningsvormer), Ashley Jade Swartz (BA-student aan die Universiteit van Wes-Kaapland en betrokke by ’n welsynsorganisasie in Porterville), dr. Rudi Buys (uitvoerende dekaan van die DaVinci Business Institute en akademiese hoof van NetEd Group) en Helene Badenhorst (prokureur en ondervoorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer) GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Ons bespreek hoe die sogenaamde “born frees”, burgers wat ná 1990 gebore is, die uitdagings, geleenthede en toekoms van Suid-Afrika sien. Onderwerpe soos onder meer basiese dienste, toegang tot hoër onderwys en werkloosheid word bespreek. En ons vra of hulle steeds die bagasie van die verlede dra wat hul ouers gedra het.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Gratis
24 Maart, 08:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Dineke Orton, die KKNK se kunskurator, tree om 11:00 op uitgesoekte dae in gesprek met die visuele kunstenaars en kurators wat by die fees uitstal. ...
Baie Suid-Afrikaners smag na doeltreffende en etiese leierskap, op regeringsvlak asook in die private en openbare sektor. Maar is daar leiers wat werklik die mas ...
Mia Spies vra verskeie partye of daar plek is vir Afrikaanssprekende kiesers in hul party. Sy fokus ook op wat die partye doen om inklusief ...