Vrygeborenes (‘born frees’): Kies jou toekoms

Moontlik gemaak deur Die Burger

MET Mercy Kannemeyer (skrywer, teatermaker, regisseur en meningsvormer), Ashley Jade Swartz (BA-student aan die Universiteit van Wes-Kaapland en betrokke by ’n welsynsorganisasie in Porterville), dr. Rudi Buys (uitvoerende dekaan van die DaVinci Business Institute en akademiese hoof van NetEd Group) en Helene Badenhorst (prokureur en ondervoorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer) GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Ons bespreek hoe die sogenaamde “born frees”, burgers wat ná 1990 gebore is, die uitdagings, geleenthede en toekoms van Suid-Afrika sien. Onderwerpe soos onder meer basiese dienste, toegang tot hoër onderwys en werkloosheid word bespreek. En ons vra of hulle steeds die bagasie van die verlede dra wat hul ouers gedra het.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Gratis
24 Maart, 08:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Buiten vir die ANC wat sedert 1994 die septer in Suid-Afrika swaai, is daar ook enkele partye uit opposisie-geledere wat die speelveld oorheers. Wat gaan ...
Vir Daniel Hugo “was skryf en lees nog altyd ’n vreugde vir die gees”. Hy is al ’n halfeeu lank besig met boeke maak en ...
Die KKNK vereer vanjaar vir Poem Mooney, die bekende storieverteller van die Klein Karoo, vir sy waardevolle bydrae tot kuns en kultuur. ...