Bounced

MET Azola Mkhabile, Siphenathi Siqwayi, Sipho Kaloko en Thabo Mkenene REGIE Jennie Reznek OORSPRONKLIK GESKEP DEUR Jennie Reznek en Jayne Batzofin, in samewerking met die geselskap CHOREOGRAFIE Jennie Reznek en geselskap VERHOOGBESTUURDER Themba Stewart VERVAARDIGER Magnet Theatre

Bounced is ’n prettige, energieke en speelse produksie wat jong gehore gaan vermaak. Dit verken die dinamiek van vier vriende se wêrelde wat bymekaarkom. Van uitputtende laagtepunte tot die hoogste hoogtes, word die gehoor gelei deur ’n kleurvolle reis en gevra om vrae te vra oor wie lei, wie volg en wie uitgelaat word. Die vier jong akteurs werk met die uiterste sensitiwiteit en humor om die fyn balans tussen menslike interaksie en die magstryd wat in groepe van alles groottes en soorte kan bestaan, bloot te lê. Bounced gaan haarfyn te werk om te wys dat pret wat gedeel word altyd dubbel so lekker is.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Nie-verbaal • Gesin (2 tot 7 jaar) • 35 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
28 Maart, 16:30
29 Maart, 10:30
30 Maart, 10:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

Emmie en haar vreemde oupa Bas het ’n reuseprobleem! Wat maak ’n mens met ’n dinosourus in jou slaapkamer? En hoe kry ’n mens daardie ...
’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en ...
Elephants Come Home vertel die storie van ’n olifantfamilie wat verlore is sonder hul wyse matriarg. Hulle sukkel om die stemme van hul voorouers en ...