MET Craig Morris en Casey Sewbaran REGIE Toni Morkel TEKS Barry Kornhauser MUSIEK Tony Bentel en Craig Morris KLANKBAAN Cassy Sewbaran VERHOOGBESTUURDER Babs Sewbaran VERVAARDIGER National Children’s Theatre
Die rooi ballon vertel die storie van ’n nors ou man wat sy verjaarsdag alleen vier, tot daar ’n magiese rooi ballon by sy venster verskyn. Hy is aanvanklik gestel op sy kluisenaarsmaniere, maar alles verander vir die ou man wanneer hy verplig word om sy huis met dié lewendige ballon te deel, wat hom speels uit sy knorrigheid lok. Met die bekroonde Craig Morris in die rolverdeling het The Red Balloon ’n Silwer Ovation-prys by die Nasionale Kunstefees in 2023 gewen.
Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.