The Heart of the Ocean

’n Ko-produksie van Baba Yaga Theatre en Teatret OM (Denemarken)

MET Jori Snell TEKS, REKWISIETE, KOSTUUMS EN VERVAARDIGER Jori Snell, Baba Yaga Theatre ARTISTIEKE ADVIES Sandra Pasini

Lank, lank gelede, voor die begin van tyd, was daar ’n meisie, ’n pelikaan en ’n saadjie. Hulle vertrek op ’n magiese reis om die eerste goue saad van die lewe met die naam “The Heart of the Ocean” te vind. Hierdie verhaal is een van vriendskap, verlies en dapperheid. Dit is ’n huldeblyk aan die kragte van die natuur en die verbeelding. Ontmoet die kreature van die woud, en word vriende met blomme, insekte en diere. Kom beleef iets van die stemming en gevoel van Costa Rica, waar die stuk aanvanklik ontwikkel en gemaak is. Betree ’n diverse oerwoud – ’n visuele en speelse ruimte gevul met sang, dans en fisieke storievertelling. The Heart of the Ocean beklemtoon die waarde en skoonheid van die natuur en die ontdekking van jou eie verbeelding. Jori Snell is ’n veelbekroonde regisseur en kunstenaar.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Engels • Gesin (3 tot 6 jaar) • 45 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
24 Maart, 10:30
26 Maart, 10:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

Kom kuier elke dag om 13:00 saam by die speelarea langs die Klein KKNK-teater. Elke dag tussen 13:00 en 13:15 lees bekende akteurs en skrywers ...
Kosblikke kan lyk asof dit deel is van ’n alledaagse ritueel vir dié wat dit teëkom. Wat sou gebeur wanneer die kositems binne-in kosblikke stemme ...
Die rooi ballon vertel die storie van ’n nors ou man wat sy verjaarsdag alleen vier, tot daar ’n magiese rooi ballon by sy venster ...