MET Andile Vellem en Jori Snell REGIE Caroline Calburn ONTWERP Jayne Batzofin VERVAARDIGER Theatre Arts
Rooi Boeties is ’n speelse, nie-lineêre montage van woorde, fisieke beelde en klank wat op ’n sorgvuldige en verbeeldingryke maniere gebruik word om lewe te gee aan die fantasiewêreld van avontuur, vriendskap, verlies en wat dit vir kinders beteken om iets te deel. Die produksie is geskep en word opgevoer deur ’n horende en dowe speler en gebruik gebaretaal as die vertrekpunt vir die visuele en fisieke taal. Dit spreek tot babas se natuurlike vermoë om gebaretaal aan te leer.
Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.