Dinosourusse kan nie lees nie

Aangebied deur ATKV-tak Gemeenskapsteater

MET Neels Vorster, Lydia Jaquire en Megan Rossouw REGIE Christi-Ann Lombard VERHOOGBESTUURDER Franzèl du Plessis

Emmie en haar vreemde oupa Bas het ’n reuseprobleem! Wat maak ’n mens met ’n dinosourus in jou slaapkamer? En hoe kry ’n mens daardie dinosourus weer terug by sy huis? Dinosourusse kan nie lees nie is geskryf deur die bekende teatermaker en aktrise Ilne Fourie en word deur die ATKV-tak Gemeenskapsteater aangebied. Met kleurvolle karakters en lekker loslit-liedjies neem die kinderteaterstuk jonk en oud op ’n verbeeldingsvlug. Interaktief en kreatief, met ’n lessie daarby: Lees is baie belangrik en baie lekker.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Afrikaans • Gesin (6 tot 10 jaar) • 55 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
29 Maart, 13:30
30 Maart, 16:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

Lank, lank gelede, voor die begin van tyd, was daar ’n meisie, ’n pelikaan en ’n saadjie. Hulle vertrek op ’n magiese reis om die ...
Kom kuier elke dag om 13:00 saam by die speelarea langs die Klein KKNK-teater. Elke dag tussen 13:00 en 13:15 lees bekende akteurs en skrywers ...
Bounced is ’n prettige, energieke en speelse produksie wat jong gehore gaan vermaak. Dit verken die dinamiek van vier vriende se wêrelde wat bymekaarkom. ...