Dinosourusse kan nie lees nie

Aangebied deur ATKV-tak Gemeenskapsteater

MET Neels Vorster, Lydia Jaquire en Megan Rossouw REGIE Christi-Ann Lombard VERHOOGBESTUURDER Franzèl du Plessis

Emmie en haar vreemde oupa Bas het ’n reuseprobleem! Wat maak ’n mens met ’n dinosourus in jou slaapkamer? En hoe kry ’n mens daardie dinosourus weer terug by sy huis? Dinosourusse kan nie lees nie is geskryf deur die bekende teatermaker en aktrise Ilne Fourie en word deur die ATKV-tak Gemeenskapsteater aangebied. Met kleurvolle karakters en lekker loslit-liedjies neem die kinderteaterstuk jonk en oud op ’n verbeeldingsvlug. Interaktief en kreatief, met ’n lessie daarby: Lees is baie belangrik en baie lekker.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Afrikaans • Gesin (6 tot 10 jaar) • 55 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
29 Maart, 13:30
30 Maart, 16:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

Twee baie teenoorgestelde mans ontmoet op pad strand toe. Met die teer, avontuurlustige en snaakse ontmoeting, word hulle gedwing op deur hul verskille te werk. ...
Bounced is ’n prettige, energieke en speelse produksie wat jong gehore gaan vermaak. Dit verken die dinamiek van vier vriende se wêrelde wat bymekaarkom. ...
Dis tyd om die stokkerige arms en bene goed los te maak, die stemme warm te maak en lekker saam te sing, dans, lag en ...