Pret met kinderkuns

MET Dineke Orton (feeskunskurator)

’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en wat jy alles kan raaksien deur na iemand se kuns te kyk. Met die kuns op die mure in ons agterkop, leer ons hoe om self maklike materiaal te gebruik om ons eie dieremasker-kunswerke te skep. Almal is welkom – as jy ’n platneus-skêr kan vashou, kan jy saam kuns skep. Alhoewel toegang vir dié sessies gratis is, is die ruimte beperk en moet bywoning bespreek word.

Afrikaans en Engels • Gesin • 90 min.
Gratis
25 Maart, 15:00
26 Maart, 15:00
27 Maart, 15:00
28 Maart, 15:00
29 Maart, 15:00
30 Maart, 15:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Johan Steyn skep tradisionele bronsbeelde gebaseer op die legende van Minki van Afrika, soos vertel deur Louis Steyn – die kunstenaar se oupa en ’n ...
’n Spontane oomblik vasgevang in tyd Nou, en tot in ewigheid Die weer onthou wat dit sal bring ’n lewensgroot herinnering ...
Elephants Come Home vertel die storie van ’n olifantfamilie wat verlore is sonder hul wyse matriarg. Hulle sukkel om die stemme van hul voorouers en ...