Pret met kinderkuns

MET Dineke Orton (feeskunskurator)

’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en wat jy alles kan raaksien deur na iemand se kuns te kyk. Met die kuns op die mure in ons agterkop, leer ons hoe om self maklike materiaal te gebruik om ons eie dieremasker-kunswerke te skep. Almal is welkom – as jy ’n platneus-skêr kan vashou, kan jy saam kuns skep. Alhoewel toegang vir dié sessies gratis is, is die ruimte beperk en moet bywoning bespreek word.

Afrikaans en Engels • Gesin • 90 min.
Gratis
25 Maart, 15:00
26 Maart, 15:00
27 Maart, 15:00
28 Maart, 15:00
29 Maart, 15:00
30 Maart, 15:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Sluit aan by Odette Graskie en maak jou eie boek! Die boeke gaan geskep word rondom die tema van “my favourite things”. Dit is ’n ...
Mense het nog altyd ’n aangetrokkenheid tot diere gehad. Rotskuns oor die wêreld heen illustreer byvoorbeeld hoe diere al vir duisende jare ’n belangrike rol ...
Drawing as Movement is ’n uitbreiding van ’n jaar lange projek waarin ek mense geteken het tydens interaktiewe tekengeleenthede. Dit het my geleer van toestemming ...