Elephants Come Home

Ondersteun deur die Nasionale Lotery-kommissie

MET Noxolo Magadla, Zizipho Gcasamba, Marvin Safoor en Siyawandisa Badi REGIE, TEKS EN VERHOOGBESTUURDER Heather Gielink VERVAARDIGER Jungle Theatre Company

Elephants Come Home vertel die storie van ’n olifantfamilie wat verlore is sonder hul wyse matriarg. Hulle sukkel om die stemme van hul voorouers en hul plek in die wêreld te vind en vertrek op ’n emosionele en lewensveranderende reis – wat ’n weerspieëling van ons eie uitdagings is om die wonde van die verlede te genees en noodsaaklike bande te herbou. Terwyl die olifante en mense se lot vervleg, ontdek hulle dat deur hul pynlike geskiedenis dapper te konfronteer, kan hulle die weg baan vir oplossings, groei en hernude verhoudings. Die opvoering word gevolg deur ’n werksessie.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Engels, Afrikaans en Xhosa • Gesin (10 tot 13 jaar) • 40 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
23 Maart, 13:30
24 Maart, 13:30
25 Maart, 10:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

Bounced is ’n prettige, energieke en speelse produksie wat jong gehore gaan vermaak. Dit verken die dinamiek van vier vriende se wêrelde wat bymekaarkom. ...
Rooi Boeties is ’n speelse, nie-lineêre montage van woorde, fisieke beelde en klank wat op ’n sorgvuldige en verbeeldingryke maniere gebruik word om lewe te ...
Dis tyd om die stokkerige arms en bene goed los te maak, die stemme warm te maak en lekker saam te sing, dans, lag en ...