Ons is hier!/On est là!

Ondersteun deur ASSITEJ SA en ASSITEJ België, befonds deur die regering van Vlaandere en die Wallonie-Bruxelles International

MET Sibusiso Khambule en Sjaka S. Septembir REGIE EN CHOREOGRAFIE Jordi L. Vidal VERHOOGBESTUURDER Juani-Lieben Smith VERVAARDIGER Jordi L. Vidal Company en Skobbejakkals

Twee baie teenoorgestelde mans ontmoet op pad strand toe. Met die teer, avontuurlustige en snaakse ontmoeting, word hulle gedwing om deur hul verskille te werk. Hulle leer hoe om hul vooroordele te bowe te kom en bou saam brûe vir ’n beter lewe. Die glimlagte sal kom en gaan soos ’n roerende verhaal vol verrassings met ’n wye spektrum emosies ontvou. Hierdie aandoenlike produksie is ontwikkel deur ASSITEJ SA en ASSITEJ België se Letsema/Collaborate-projek. Ouers wat die produksie saam met hul kinders gesien het, is dit eens: “Almal in Suid-Afrika moet dit sien!” ’n Unieke en spesiale samekoms van verskillende kulture.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Hoofsaaklik nie-verbaal met Afrikaans en Zoeloe • Gesin (alle ouderdomme) • 45 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
29 Maart, 16:30
30 Maart, 13:30
31 Maart, 10:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

Karoo Kaarte bied ’n interaktiewe werksessie vir kinders aan waarin jong feesgangers voorgestel word aan gewilde Klein Karoo-speletjies: skaloeloe, drie-blikkies, gaatjie en kennetjie. ...
’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en ...
Dis tyd om die stokkerige arms en bene goed los te maak, die stemme warm te maak en lekker saam te sing, dans, lag en ...