De Rust Koktyls-kalender

MET Maryna Cotton en Sarel van Staden GESPREKSLEIER Coenie de Villiers

De Rust Koktyls is ’n baie spesiale kalender, met ’n besonderse storie. Dit is ’n versameling ongewone portrette van De Rust-inwoners en talle stories van dié Klein Karoo-dorp, wat nie net spreek tot hoe spesiaal die mense van De Rust is nie, maar ook dien as getuienis van die veerkragtigheid van die Suid-Afrikaanse platteland. Klein dorpies in Suid-Afrika sukkel en De Rust is geen uitsondering nie. ’n Groep brawe mans van De Rust het alle inhibisies en vooroordele geïgnoreer en die ongemak verduur om net in hulle Adamsgewaad voor die kamera te staan. Maar moenie te vinnig oordeel nie, alles is met genoeg smaak en respek gedoen om die manne se waardigheid min of meer te beskerm. Die inkomste uit hierdie kalender is ten bate van De Rust se fonds, waaruit ’n verskeidenheid gemeenskapsprojekte gefinansier word. Hierdie projekte bring weer hoop vir die gemeenskappe van De Rust en Blomnek.

Die kalender is van Julie 2024 tot Junie 2025 en sluit 13 oorspronklike foto’s in wat jou gaan vermaak en hopelik effens laat bloos. Die regte koktyls is die 12 gunsteling-skemerkelkies van De Rust se watergate, hotel en huise, vir jou om te deel en saam met jou eie mense te geniet.

Afrikaans en Engels • Gesin • 120 min.
Gratis
25 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

“Opvoeders sê gereeld dat leerders nie genoeg lees nie, of dat hulle nie altyd verstaan wat hulle lees nie, maar ek glo kinders lees vandag ...
Die ware storie van die Liefling van Loftus word uitmuntend deur die joernalis Brenden Nel vertel. Al weet jy nie veel van rugby nie, sal ...
Chanette Paul se splinternuwe roman is op die rakke. Dis die storie van Lula Prins wat op Heydendal ’n nuwe lewe begin. Maar anoniem. As ...