Leë blikkies vol liefde

MET Fiona van Kerwel GESPREKSLEIER Lyntjie Jaars

“Opvoeders sê gereeld dat leerders nie genoeg lees nie, of dat hulle nie altyd verstaan wat hulle lees nie, maar ek glo kinders lees vandag bietjie anders. En daarom moet opvoeders lees anders benader.” So skryf Fiona van Kerwel in haar voorwoord tot Leë blikkies vol liefde. Haar droom is dat alle leerders die kans sal kry om op ’n vriendelike manier met Afrikaans om te gaan – daarom is die  kortverhale in die bundel so toeganklik geskryf deur die bydraers, onder andere Sisca Julius, Vincent Oliphant, E.K.M. Dido en Diana Ferrus.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
26 Maart, 14:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Dis die jaar 1973. Jaco, ’n tienerseun, voel vasgevang in die kleindorpse omgewing waarin hy grootword. Van hul huis se dak af sien hy hul ...
“Phoebe Gerwel se boek was vir my ’n verrassing. Ek het gemeen ek het ’n redelike idee van die omvang van apartheid se boosheid. Totdat ...
Dis ’n eerste: ’n Afrikaanse boek oor diensplig deur ’n vrou geskryf en daarby is sy in haar dertigs. Agterop Anelia Heese se boek word ...