Derick Hougaard

MET Brenden Nel GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Die ware storie van die Liefling van Loftus word uitmuntend deur die joernalis Brenden Nel vertel. Al weet jy nie veel van rugby nie, sal die verhaal van die sukses en ondergang van die begaafde rugbyspeler jou aan die hart gryp. Toe sy sportloopbaan deur beserings kortgeknip is, het hy die bewondering van sy duisende aanhangers, wat vir hom soos ’n verslawing was, gemis. Ander verslawings het sy lewe oorgeneem. Nel wonder tereg watter invloed die harsingskuddings wat hy as skoolseun opgedoen het op sy brein en gedrag gehad het.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
27 Maart, 14:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Die KKNK se Karoo Kaarte is ’n grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek, gestig in 2021, wat ’n reeks van kreatiewe metodes (teater en visuele kuns) en navorsingsmetodologieë gebruik ...
De Rust Koktyls is ’n baie spesiale kalender, met ’n besonderse storie. Dit is ’n versameling ongewone portrette van De Rust-inwoners en talle stories van ...
Dit is verkiesingsjaar in 2024 en Jody Hendricks, van RSG-faam, het ’n program saamgestel wat die soeklig op nasionale en plaaslike politiek laat val. ...