Die LAPA Lekkerleesminuut

Aangebied deur LAPA Uitgewers

MET verskeie voorlesers

Kom kuier elke dag om 13:00 saam by die speelarea langs die Klein KKNK-teater. Elke dag tussen 13:00 en 13:15 lees bekende akteurs en skrywers uit LAPA se bekendste boeke voor. Al die boeke is by die Boekeoase te koop en natuurlik is daar ook boekpryse te wen.

Voorlesings uit kinderboeke word gedoen deur David Viviers (23 Maart), Vicky Davis (24 en 25 Maart), Wendy Maartens (26 Maart), Lyntjie Jaars (27 Maart), Esther von Waltsleben (28 Maart), Schoemé Schoeman (29 en 31 Maart) en Karli Heine (30 Maart)

Sien uit na ou staatmakers soos Die Babalela en Jakkals en Wolf en ontmoet splinternuwe gunstelinge soos die stoute Ouma Mollie, Keegan en Samier, Frikkadel die Spookhond en Adelie en Riley.

Afrikaans • Gesin • 15 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
23 Maart, 13:00
24 Maart, 13:00
25 Maart, 13:00
26 Maart, 13:00
27 Maart, 13:00
28 Maart, 13:00
29 Maart, 13:00
30 Maart, 13:00
31 Maart, 13:00
Speelarea langs Klein KKNK-teater

Het jy al gekyk na:

Kosblikke kan lyk asof dit deel is van ’n alledaagse ritueel vir dié wat dit teëkom. Wat sou gebeur wanneer die kositems binne-in kosblikke stemme ...
Familieteater en -vermaak kry ’n nuwe tuiste! Die Klein KKNK-teater is ’n spesiale, goed toegeruste teatertent in die Feesmark. ...
Elephants Come Home vertel die storie van ’n olifantfamilie wat verlore is sonder hul wyse matriarg. Hulle sukkel om die stemme van hul voorouers en ...