Fokofpolisiekar

MET Hunter Kennedy GESPREKSLEIER Annie Klopper

Twintig jaar en tagtig liedjies van Fokofpolisiekar in een bundel! Dis al die lirieke vanaf die eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand (2003), tot Fokofpolisiekar se nuutste album, Dans deur die donker (2023). Die lirieke is geskryf deur Hunter Kennedy, met bydraes deur Francois van Coke. Hunter gesels op die Boekstories-verhoog met Annie Klopper en sy sal weet wat om hom te vra, want sy is die skrywer van Biografie van ’n bende: Die storie van Fokofpolisiekar.

Afrikaans • Gesin • 45 min.
Gratis
24 Maart, 11:15
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

De Rust Koktyls is ’n baie spesiale kalender, met ’n besonderse storie. Dit is ’n versameling ongewone portrette van De Rust-inwoners en talle stories van ...
Karoo Kaarte lei ’n gesprek oor die belangrikheid van die skep van gemeenskapsargiewe en die waarde daarvan om dit toeganklik en relevant te maak deur ...
“Ná ’n stormagtige jaar van aanpassing, besluitneming en verandering behoort die daaropvolgende jare baie beter te verloop. Of is dit te veel gevra? Die verhoudings ...