Hoekom stotter ons pa’s so?

MET Anelia Heese (uit Berlyn) GESPREKSLEIER Bun Booyens

Dis ’n eerste: ’n Afrikaanse boek oor diensplig deur ’n vrou geskryf en daarby is sy in haar dertigs. Agterop Anelia Heese se boek word dit só opgesom: Sy vra ongemaklike vrae om haarself en ander – veral jonger – Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien. . .” Sy verduidelik in ’n onderhoud sy het besef daar moet nog soveel onverwerkte pyn wees, want in die boeke wat sy gelees het, is net gefokus op recces se heldedade. Anelia Heese gesels met ons vanuit Berlyn.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
23 Maart, 10:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Wat het veroorsaak dat ’n megatrop van sowat 211 000 saiga-wildsbokke in 2015 binne vyf dae in Kazakstan gevrek het? Wat het al die langer ...
Politieke ontleders verskil oor die moontlikheid dat die ANC se steun vanjaar tot onder 50% sal daal. Wat sal die gevolge hiervan vir die land ...
Baie Suid-Afrikaners smag na doeltreffende en etiese leierskap, op regeringsvlak asook in die private en openbare sektor. Maar is daar leiers wat werklik die mas ...