Debuut

Incarnations of Sand

Speelvak ondersteun deur die Johann Brink Trust. Oorspronklik ontwikkel vir die Première Teaterfees. Moontlik gemaak deur die KKNK, ATKV en NATi.

MET Alet Bruyns en Zara van der Westhuizen TEKS EN REGIE Dhania Kara Schultz VERHOOGBESTUURDER Wilri van der Merwe VERVAARDIGERS KKNK en NATi

In ’n wêreld waar daar slegs twee is, en die dae een na die ander soos waaisandduine verander, beteken tyd niks. Die sand syfer deur die uurglas, maar tog blyk dit dat dit elke keer by die laaste korrel omswaai. Nooit vol nie. Nooit leeg nie. Die oomblik word met iets gevul. Tik, tik, tik, tik. Skielik, ’n verandering. ’n Bom. Gedwonge konfrontasie met hul sterflikheid. Wat kan ’n mens doen as jy midde-in die verwoesting staan? Sterf? Of droom? ’n Absurdeteater-ervaring wat ’n unieke blik werp op sterflikheid, verbintenisse en bowenal wat dit beteken om mens te wees.

Engels • Gesin • 55 min.
R120 (vooraf) • R110 (Vriende van die KKNK) • R130 (by die deur)
23 Maart, 12:00
24 Maart, 18:00
25 Maart, 13:30
ATKV-Griesselsaal

Het jy al gekyk na:

Marvin keer terug na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy vir een dag ’n tydjie saam met sy ou race walking coach, Uncle Smithie, kan spandeer. ...
Die veelbekroonde komediant Kagiso KG Mokgadi is vir die eerste keer by die KKNK te sien en hierdie optrede beloof om een te wees wat ...
Die Suid-Afrikaanse komediant Ambrose Uren deel sy unieke en omstrede storie in hierdie komedievertoning, vol onverwagse en lawwe kinkels. Hy vertel van sy bestuurslisensie wat ...