Debuut

Kosblik

Ontwikkel deur die Laerskool Durbanville

MET Leerlinge van Laerskool Durbanville TEKS Christie van Niekerk REGIE Christie van Niekerk en Veronica Geldenhuys VERVAARDIGER Laerskool Durbanville

Kosblikke kan lyk asof dit deel is van ’n alledaagse ritueel vir dié wat dit teëkom. Wat sou gebeur wanneer die kositems binne-in kosblikke stemme kry? In skooltasse – tussen pouses – word daar gefokus op die spanning oor wat gaan gebeur as die deksel gelig word. In Christie van Niekerk se Kosblik volg ons die akademiese boffins, “die Peanut gallery”, se reis om hul hipotese te ondersoek: Is kos bang om geëet te word, of is daar dalk iets anders wat hulle meer bevrees maak? Kosblik het verskeie pryse en benoemings gekry by die Tygerberg Eisteddfod, die Parel Vallei Playhouse Dramafees en die Montague Nasionale Jeugkunstefees, waaronder vir beste regie en beste byspeler.

Let wel: Sitplekke in die Klein KKNK-teater is onbespreek en plek is beperk. Maak seker jy is vroegtydig daar vir die vertonings om teleurstelling te voorkom.

Afrikaans en Engels • Gesin • 30 min.
Ingesluit by Feesmark-kaartjie
26 Maart, 16:30
27 Maart, 13:30
Klein KKNK-teater in die Feesmark

Het jy al gekyk na:

’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en ...
Die rooi ballon vertel die storie van ’n nors ou man wat sy verjaarsdag alleen vier, tot daar ’n magiese rooi ballon by sy venster ...
Dis tyd om die stokkerige arms en bene goed los te maak, die stemme warm te maak en lekker saam te sing, dans, lag en ...