Sculpting from the Heart

MET Johan Steyn GALERY Art@Africa

Johan Steyn skep tradisionele bronsbeelde gebaseer op die legende van Minki van Afrika, soos vertel deur Louis Steyn – die kunstenaar se oupa en ’n wildbewaarder in die Krugerwildtuin in die 1930’s. In die vele stories wat hy aan sy kinders vertel het, het Minki interaksie met verskeie wilde diere gehad. In sy oorvertelling van hierdie stories, vang Johan Minki en die suikerbekke vas, wat verband hou met die Laeveld. Die suikerbekkie is ’n simbool van hoop en ’n herinnering daaraan dat ons steeds tyd het om op te tree. In Minki en die breëkoparend is Minki op ’n reis na die Kaapse kus terwyl die reeks Minki en die seester verband hou met die seelewe aan die Kaapse kus.

Om ’n kind met ’n dier te sien, herinner ons daaraan dat die mensdom ’n verantwoordelikheid het om dit wat oor is te bewaar sodat die nageslag dit ook kan geniet. Minki is nie net ’n kampvegter vir die natuur nie, maar ook ’n kampvegter vir ons interne wêreld. Daar is ook bedreigde spesies binne-in ons.

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Hierdie tekenervaring is ’n interaktiewe geleentheid met Odette Graskie. Odette nooi die gehoor om deel te neem wanneer sy portrette teken. ’n Opvoerende tekengeleentheid as ...
Ons almal wil hê iemand moet vir ons wag wanneer ons ná ’n uitputtende en stresvolle dag by die huis kom. Iemand wat opgewonde is ...
Once again local Oudtshoorn artist Lisl Barry is opening her studio to share her work, hanging under the working title of Something Along the Lines. ...