Blitskursus in linosnee

AANGEBIED DEUR Theo Paul Vorster

Hierdie werksessie is vir diegene wat die wêreld van reliëfblokdruk wil verken, of net iets nuuts wil probeer – niekunstenaars en kunstenaars is welkom. ’n Reeks eenvoudige metodes word saam verken, om pragtige beelde op papier te skep, wat uiteindelik jou eie wonderlike werk word om huis toe te neem. Die werksessie sluit in alle kunsmateriaal, tee, koffie, gebottelde water en ligte versnaperinge. Lino-snygereedskap vir die klas word voorsien, maar deelnemers is welkom om hul eie te bring.

Drukkunstegnieke, die bepaling van die grootte en die voorbereiding van papier vir drukwerk, die skep of oordrag van beelde na lino, demonstrasies oor die gebruik van snygereedskap, die sny van ’n linoblok, hoe om die ink aan te bring, en ’n demonstrasie van die gebruik van kleur en hoe om met die linoblok te druk, is alles ingesluit by die werksessie.

Afrikaans en Engels • Geen o.13 • 180 min.
R680
24 Maart, 10:30
25 Maart, 10:30
27 Maart, 10:30
Prince Vintcent-gebou (eerste verdieping)

Het jy al gekyk na:

Sluit aan by Odette Graskie en maak jou eie boek! Die boeke gaan geskep word rondom die tema van “my favourite things”. Dit is ’n ...
Johan Steyn skep tradisionele bronsbeelde gebaseer op die legende van Minki van Afrika, soos vertel deur Louis Steyn – die kunstenaar se oupa en ’n ...
’n Besonderse versameling kunsuitstallings, saamgestel deur die KKNK se kurator vir visuele kuns, is in die tuiste van visuele kuns, die Prince Vintcent-gebou, te sien. ...