The Artist’s Pet

MET Adela Friedmann, Amé Bell, Billie Mcnaughton, Cornelia Stoop, Freek Steenberg, Ina Marx, Janet Dixon, Katherine Bull, Katharine Meeding, Katja Abbott, Matthew Blackburn, Nina Torr, Owen Claasen, Steven Bosch en Yvette Hess KURATOR Janet Dixon

Ons almal wil hê iemand moet vir ons wag wanneer ons ná ’n uitputtende en stresvolle dag by die huis kom. Iemand wat opgewonde is oor ons aankoms en ons liefdevol groet. Iemand wat geduldig luister en ons aanmoedig om ratte te verwissel en aan te beweeg na die volgende deel van die dag. Troeteldiere doen dit alles. Baie mense beskou hul troeteldiere as hul kinders of ’n deel van die familie. Honde en katte is veral gewild, maar die lys van gekoesterde diere is baie langer. Dink aan perde en ponies, voëls, knaagdiere soos muise en hamsters en verskeie reptiele. Self visse en insekte kan waarskynlik kwalifiseer. Wat ook al die spesie, hierdie is alles diere waarna ons omsien – en waarvoor ons omgee. Hulle leef tussen ons. Ons gee hulle individuele name.

Die groep kunstenaars wat deel van hierdie uitstalling vorm beeld verskeie geliefde diere uit deur verskeie mediums: van keramiek tot verf en drukkuns. Deur hul oë word die lonende verhouding uitgebeeld wat ons met troeteldiere het, en word dit duidelik watter belangrike rol hulle in ons lewens speel.

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Wilde diere hoef nie definieer te word deur die kakie- en vuilgroen uitrustings van wildbewaarders en kleure van grondpad-Land Rovers nie. Met hierdie uitstalling word ...
Die Karoo Kaarte-span span kragte saam met die plaaslike visuele kunstenaar Liza Grobler om ’n openbare muurskildery te skep. ...
’n Besonderse versameling kunsuitstallings, saamgestel deur die KKNK se kurator vir visuele kuns, is in die tuiste van visuele kuns, die Prince Vintcent-gebou, te sien. ...