The Dreams of Yonder, Untethered

MET Colbert Mashile (feeskunstenaar) GALERY Everard Read

Boerbokke in truie, bobbejane wat op rusbanke lê en kekkelende hiënas wat manies glimlag. Colbert Mashile se werk word vir drie dekades reeds deur ’n versameling van diere gekenmerk. Die kunswerke in hierdie uitstalling is geen uitsondering nie. Soms lyk dit asof hulle karakters is wat vermenslik word en hier is om aan ons ’n boodskap oor ons wêreld te gee. In ander gevalle is hulle slegs elemente in surrealistiese samestellings van items. Is die vark met ’n aktetas een of ander Orwelliaanse simbool vir groot besighede, of slegs ’n deel van ’n fantastiese toneel uit ’n klug? Dit is vir jou, die kyker, om te ontrafel.

“Ek word 04:00 wakker en het al hierdie beelde in my kop nadat ek geslaap het. Ek probeer sin maak daarvan en verf dit. My kuns het nie ’n narratief nie,” verduidelik Colbert. Dit is ongetwyfeld so dat skeppings van alle soorte sy psige en droomlandskappe binnedring. Dit het beslis ’n onmiskenbare invloed op sy kuns – selfs al is dit slegs daar in die vorm van intuïsie. “Boerdery, fauna en die natuurlike wêreld is belangrik vir my,” sê Colbert. Beide wilde en mak diere was deel van sy jeug in Bosbokrand, Mpumalanga, sowel as in sy huidige landbou-onderneming, terwyl dit ook neerslag vind in sy ryk, kreatiewe wêreld waar hy met akriel, Indiese ink, pastel en houtskool werskaf.

Besoek dié uitstalling van 23 tot 30 Maart tot 18:00 en op 31 Maart tot 14:00.

Veeltalig • Gesin
Gratis
23 Maart, 11:00
24 Maart, 09:00
25 Maart, 09:00
26 Maart, 09:00
27 Maart, 09:00
28 Maart, 09:00
29 Maart, 09:00
30 Maart, 09:00
31 Maart, 09:00
Prince Vintcent-gebou

Het jy al gekyk na:

Drawing as Movement is ’n uitbreiding van ’n jaar lange projek waarin ek mense geteken het tydens interaktiewe tekengeleenthede. Dit het my geleer van toestemming ...
Die Karoo Kaarte-uitstalling bied ’n oorsig van dié grensverskuiwende openbaredeelname-storievertelprojek. ...
“Om dier te word” verwys na die idee om in ’n dier te transformeer, hetsy deur fisieke eienskappe of in karakter. Maar wat beteken dit ...