Dalin Oliver: 90 Day Comedian – Êrens, maar nêrens

MET Dalin Oliver

Dalin Oliver bied in sy splinternuwe vertoning, 90 Day Comedian, ’n vars blik op die lewe in Suid-Afrika nadat hy meer tyd in die buiteland deurgebring het. Hy vier ons nasie en sy mense – ’n hutspot van diversiteit wat jy nêrens anders in die wêreld gaan vind nie. Oliver reken ons is soos ’n koekstruif gevul met lae en lae van egtheid en heerlike geure. Hy was op die verhoog te sien by die komediefees Fringe World 2024 in Perth met grappe slim verpak om verby doeane te kom en trefreëls wat harder slaan as die wisselkoers tussen die rand en die Australiese dollar. Die debuut van die vertoning was in 2023 tydens sy toer van vyf stede Doer Onder, wat inwoners in Perth, Brisbane, die Goudkus, Sydney en Melbourne laat vra het vir meer. Hy het vol sale gelok met sy vertonings in die Kunstekaap in Kaapstad. Vind uit waarom ons so lief is vir Mzansi, al probeer die land letterlik daagliks om ons van ons krag te ontneem.

English with Afrikaans • No u.13 L • 60 min
R100 (vooraf) • R80 (Vriende van die KKNK) • R120 (by die deur)
27 Maart, 20:00
29 Maart, 20:00
30 Maart, 15:30
31 Maart, 12:30
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Die Suid-Afrikaanse komediant Ambrose Uren deel sy unieke en omstrede storie in hierdie komedievertoning, vol onverwagse en lawwe kinkels. Hy vertel van sy bestuurslisensie wat ...
Stuart Taylor keer terug met sy kenmerkende kombinasie van skreeusnaakse stories en spitsvondige trefreëls in Laughable. Alles in sy lewe loop deur: Van sy wederhelfte ...
Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak-komediante van 2023. Van internetsensasie tot verhoogsensasie verras sy gehore en laat hulle lê van die ...