Debuut

Ouma is op pad

MET Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (klavier) TEKS, REGIE EN MUSIEK Jurgen Human MUSIEKREGIE Coenraad Rall VERVAARDIGER Arena Produksiehuis

Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die Stad werk en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar’s baie dinge wat sy nie ken nie. En “takt” is een van hulle.

Afrikaans • Geen o.13 T • 70 min.
R170 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)
28 Maart, 10:00
29 Maart, 13:00
30 Maart, 16:30
kykNET Hoërskoolsaal

Het jy al gekyk na:

Lui die trouklokke of beier dit? Koek en Tert staan op die vooraand van die groot dag, elk in ’n spierwit rok. Dit is skoonma’s, ...
Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die ...
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ’n bruilof te reël – ...