Die bardo van Biko April

MET Sjaka S. Septembir

Aan die einde van die vorige eeu voorspel Y2K die einde van die wêreld. Biko April is 27 en hy is down and out, tog vasbeslote om die oewer van sy 28ste verjaardag te haal voor alles vergaan. Sy rolmodelle in die kunstewêreld van Kaapstad verleen net beperkte bystand. Daarby is die advies van sy twee alter ego’s, Jan Jakkals en Christiaan, nie juis betroubaar nie. Met liefde en selfdood as die belangrikste temas lê die roman (soms surrealisties) Biko se innerlike bloot en verweef dit met sy worsteling met depressie, ook sy wroeging oor verliefdheid, vriendskap en eensaamheid – en natuurlik sy groot passie: Om te skryf.

Afrikaans en Engels • Gesin • 45 min.
Gratis
28 Maart, 14:00
Netwerk24-feeskafee

Het jy al gekyk na:

Dineke Orton, die KKNK se kunskurator, tree om 11:00 op uitgesoekte dae in gesprek met die visuele kunstenaars en kurators wat by die fees uitstal. ...
Meer mense praat nou Afrikaans as ooit vantevore, selfs ook “inkommers”. Jy kan deesdae enige Chinese winkelkompleks besoek en jy sal minstens een Chinese persoon ...
Dié wonderlike storie speel af op Bitterwater, ’n dorpie wat mens laat dink aan Lekkersing en Eksteenfontein in die Noord-Kaap. ...